The Interview
Interviewed by admin on September 13, 2007 and has had 1,068 views.
Waar is jy gebore?
Ek is op Carltonville gebore en toe ek 3 maande oud was het my ouers Secunda toe verhuis
Het jy enige “nicknames”?
Ja, daar is baie. Ricky, Ricardo, en as ek liedjies van ander kunstenaars sing noem die mense my byvoorbeeld, Rickus Hoffmeyer of Rickus Groban.
Is dit wat jy wou doen toe jy op skool was?
Nie regtig nie. Ek het na skool bemarking gaan swot en toe na ‘n jaar opgeskop, ek het na dit by ‘n paar plekke gewerk en toe my werk by Graceland gekry. Ek dink elke kind moet ‘n jaar na skool eers bietjie afvat om jouself te leer ken en te besef wat jy regtig wil doen.
Jy is baie bekend in Secunda as gevolg van jou stunning stem, waar het dit begin?
Ek het een aan Graceland se Kareoke bygewoon. Een van my vriende het my gedare om te gaan sing. My broek het behoorlik gebewe, maar ja, dit is waar alles begin het.
Het jy enige probleme met “stage fright”?
Nou net so bietjie, maar aan die begin het ek baie stage fright gehad. Ek het myself net herinner dat meeste van die mense in elkgeval dronk word en dan enige entertainment geniet, maak nie saak hoeveel foute jy maak nie.
Is jy nou op die oomblik besig om jou droom te leef? Indien nie, wat is dit wat jy graag sal wil doen?
Nee, Ek hou van dit wat ek tans by Graceland doen, maar ek sal verkieslik dit wat ek nou doen, as my eie besigheid wil run.
As jy jou eie besigheid sou begin, sou jy dit in Secunda begin?
Ek sal dit van hier af doen. Ek sal wel buite die dorp werk, maar my roots is in Secunda. Ek is dalk nie hier gebore nie, maar ek het hier grootgeword. My familie en my vriende is ook almal hier en is gelukkig in Secunda.
Van waste kwaliteite in mense hou jy van?
Eerlikheid en vriendelike persoonlikhede
Het jy al deelgeneem aan IDOLS? Wat het gebeur?
Ja, ek het saam met Jaco Labuschagne deelgeneem. Ek het nie deurgegaan na die volgende rondte toe nie, maar ek glo dat daar ‘n rede is met alles wat gebeur.
Wat is jou gunsteling song om te sing en hoekom?
Skip Skop(geskryf deur Dawid Cramer en gesing deur menige kunstenaars). Die liedjie het baie diep woorde.
Wat was jou grootste teleurstelling nog ooit?
As ek een moet kies sou ek se dit is toe ek nie so ver gevorder het toe ek aan IDOLS deelgeneem het nie.
Wat is jou grootste ding wat jy in jou lewe behaal het?
Ek is in my eerste 6 maande by Graceland aangestel in ‘n supervisor posisie. My eie kar(Ford Fiesta 1.4) wat ek gekoop het is ook vir my ‘n groot achievement
Hoe voel jy oor lewe hier in Suid Afrika?
Ten spyte van baie drama wat elke dag om

Loading ...