Interviews

Interview with Martie Liebenberg

Martie Liebenberg Thumbnail Full Name: Martie Liebenberg Age: 34 and still growing strong Birth Date: 1973 Marital Status: Married (happily for 13 years) Eyes: Brown Hair: Brown Length: nie seker Favorites: lees, pitza en movie!

The Interview

Interviewed by admin on January 30, 2008 and has had 1,058 views.

Waar is jy gebore en wanner het jy Secunda toe getrek?

Ek is in Jagersfontein in die vrystaat gebore. My ma is oorlede toe ek 8 maande oud is. My pa het daai tyd op die paaie gewerk, so tussen die werk het hy my alleen probeer groot maak, ek is vir ‘n rukkie in ‘n kinderhuis en my pa het getrou toe ek so 6 was. Ons het van ouderdom 6 tot omtrent 12 in springs (Welgedacht) gewoon, daarna is my pa na Trichardt verplaas (hy het vir spoornet gewerk), ongeveer 1987, en van toe af is ons hier

Wat is jou “most embarrassing moment”?

Ek kan nie so vinnig onthou nie …..

Wat wou jy geword het toe jy jonger was?

‘n jufrou

Wat is die beste “memory” wat jy van jou lewe het?

Daar is eintlik baie, my troudag en toe ek “ma” graad gekry het.

Sonder dit sal jy verlore wees…

God

Wat is jou gunsteling ding om te doen in jou vrye tyd?

Lees en movie

Wat is die grooste mylpaal wat jy in jou lewe behaal het?

Ouerskap

Vertel ons meer oor jou Boekwinkel?

Ek wens ek kan dit amptelik al so noem, maar dis nog net die begin… My “boekwinkel” “run” ek op die oomblik van ons gemeente (BLAZE) en van die Medforum gebou. Ons is nog besig om die kerk reg te kry vir die opening die 13de April, glo ek sal van dan af meer in die week kan oop wees.

Waar het dit droom van jou Boekwinkel begin?

Ek geniet lees. En toe ek jonger was, het ek nie regtig Christelike leestof ens.. kon koop nie, want dit is te duur. So het ek in die afgelope jaar mense ontmoet wat my voorsien van voorraad wat elke sak kan pas. Dit is vir my ‘n voorreg om dit te kan doen, en ek geniet net ‘n boekwinkel :-)

Wat is die beste terugvoering wat jy al van kliente af ontvang het?

Dat my pryse sover die goedkoopste in die omtrek is.

Vertel ons bietjie meer oor die een van die skrywers en musikante van jou boeke en cd’s?

Skrywer: op die oomblik hou ek soos Joyce Meyer, Joel Osteen ens se boeke aan, dit is inspirerend en dit leer jou baie. Skryfstyl is baie gemaklik. Musikant: jong, dit is nog ‘n tameletjie vir my, want smaak verskil, maar op die oomblik kry ek maar soos Hillsongs, Chris Tomlin, Casting crowns ens… Hulle musiek is amazing

Wie is jou gunsteling skrywer en musiekant?

Hhhhhmmmmm Frank Peretti (hy skryf novels veral oor die geestes wêreld) en musikant: wellll, moet Chris Tomlin wees

Hoe wil jy jou mark in Secunda beinvloed?

Ek wil elkeen wat in die winkel sien uitstap met ‘n bekostigbare item/items en dat dit nie vir hulle nodig sal wees om rond te gaan soek vir iets wat hulle nodig het nie. Ek wil hulle die nuutste goed op die mark aanbied teen beste pryse!

Wat is jou toekomsplanne vir die boekwinkel?

Wel, ek sal graag inloop kliente wil hê, en dan natuurlik ‘n area waar die mense sommer ‘n boek kan uitneem en net ‘n koffie sit en drink en die boek geniet.

Wat is jou opinine oor Secunda en Secunda se inwoners?

Ek het baie hoop vir ons dorp. Ek glo dat God ‘n plan vir elkeen van ons het. Ek geniet ons dorp, want ons kan dinsdae vir R12 gaan fliek :-) daar is so baie restaurante wat ons kan kies en keur van. Ons het nie sulke druk verkeer soos in die stede nie. En ons kan vrydae 14:00 van die werk af kom.. wat meer wil jy hê? :)

Wat wil jy he moet Secunda van jou weet?

Dat ek daar is indien jy iets nodig het om jou gees mee te vul. Ek sal uit my pad gaan om die goed teen bekostigbare pryse vir jou te kry. Kom probeer my gerus.

Enige inspirerende woorde vir Secunda?

God knows the plans that He has for this city – plans for welfare and peace, not of evil to give every one of us hope for our final outcome. Be all that you can be!

1 Star2 Stars3 Stars4 Stars5 Stars (No Ratings Yet) -
Loading ... Loading ...

Comments

6 Responses to “Martie Liebenberg”

  1. Madelein
    on August 7th, 2008 6:33 am

    Mag die Here jou boekwinkel seën, mag jy oral waar jy gaan sy lieflike geur versprei, mag jy net nader en nader aan Hom groei elke dag, mag die Heilige Gees Jesus vir jou ‘n groter werklikheid en realiteit maak as die mense wat jy kan sien…
    Mag die Here jou net bederf, elkeen wat iets vir Jesus wil doen is vir my awesome en ek wens hulle net sukses toe!!!Baie mooi naam vir jul nuwe kerk, mag die Here se vuur letterlik elke dag daar brand en almal wat daar besoek Hom ervaar en beleef!

  2. Quentin Keller
    on November 12th, 2008 8:00 pm

    aj7vd7hqhxpcn5pv

  3. Anita
    on January 19th, 2009 9:18 am

    Hou aan jy doen wonderlike werk.

  4. Phyllis de Vries
    on March 11th, 2009 7:17 am

    Martie ek benodig jou kontak nr asb, ek stel belang om ‘n Avroy Shlain promosie saam met jou te doen in jou Prag boekwinkel.
    My kontak besonderhede is W017-6347397 / 0824644283

  5. Adri
    on June 4th, 2009 3:14 am

    Hello!

    Hoop dit gaan goed.

    Lekker werk

  6. TOKKIE REINECKE
    on January 27th, 2010 3:27 am

    BAIE GELUK. DIS TYD DAT IEMAND KOMPETISIE INBRING OP JOU GEBIED. DIS VIR MY BAIE HARTSEER AS IETS WAT AANVANKLIK AS ‘n DROOM BY MENSE BEGIN HET OM ANDER TE BEDIEN, LATER IN ‘n GELDMYN VERANDER. EK BID VIR JOU SUKSES.

Got something to say?





How do I change my avatar? Go to gravatar.com and upload your preferred avatar.