Interview with Dawid Redelinghuys
Full Name: Dawid Redelinguys
Age: 42
Birth Date: 7 December 1963
Marital Status: Married
Eyes: Brown
Hair: Brown
Length:
Favorites: Sailing and Deep See Fishing
Interviews
Full Name: Dawid Redelinguys
Age: 42
Birth Date: 7 December 1963
Marital Status: Married
Eyes: Brown
Hair: Brown
Length:
Favorites: Sailing and Deep See Fishing
Waar is jy gebore en waarom het jy Secunda toe gekom?
Ek is in Roodepoort gebore en het na die area toe getrek agv ‘n pos wat ek by ‘n nywerheid skool in die area aanvaar het.
As watter tipe mens klassifiseer jy jouself?
Ek is baie rusting en het ‘n PASSIE vir mense
Iets wat net jy van jouself weet?
Ek wil baie graag met ‘n seiljag om die wêreld seil.
Wat het jou laat besluit om ‘n sielkundige te word?
Ek het regtig ‘n groot passie vir mense en wil in helpende hoedanigheid optree teenoor mense. My wens is dat Suid Afrika se mense soos Amerika sal raak. Daar het elke 2de ou ‘n “shrink”, nie omdat hulle baie probleme het of mal is nie, maar omdat die Sielkundige hulle help om hulle potensiaal uit te brei in meeste aspekte van hulle lewe.
Vertel ons van jou posisie as ‘n Sielkundige:
Ek het defnitief besef hoe baie pyn daar in ons gemeenskap is en min mense voel veilig om te praat oor hulself. Ek het wel ook besef hoe klein van my probleme is, wat in ‘n mate baie motiverend is.
Wat is jou GROOTSTE passie?
SEIL en HENGEL. Ek is ‘n “social sailor”. Die wind en die beweging van die boot is vir my terapie.
Volgens jou, wat is Secunda se grootste probleem wat jy in jou veld opgetel het en hoe kan ons as individuele dit verander?
Huwelike, egskeidings, depressie, angs en misdaad is die grootste probleme. Die belangrikste ding om te besef is dat daar IS tools daarbuite om jou te help en dit werk. Jy is nie “mal” as jy na ‘n sielkundige toe gaan nie. ‘n Sielkundige is ‘n “spesialis in menswees” en help jou met tegnieke om jou lewe te verbeter. Baie mense gaan na ‘n sielkundige toe en se dan “hoekom het ek nie lankal nie…”
As jy enigiemand in die wêreld kon ontmoet, wie sou dit wees en hoekom?
Sigmund Freud, hy is een van die beginners van Sielkunde.
Wattter raad kan jy aan ouers in Secunda gee oor hoe om hulle tieners te hanteer?
Daar is 2 baie belangrike, eenvoudige punte:
1) Onvoorwaardelike liefde(Jy moet alles in liefde doen)
2) Aanvaar jou kind volkome vir wie hy of sy is
Hoe sou jy voorstel moet ons al die versilllende mense met verskillende kulture in Secunda hanteer?
Don’t jump to conclusions. Dit neem tyd om iemand te leer ken, moenie ‘n persoon probeer opsom volgens jou kennis en gewoontes nie. Leer die persoon eers goed ken.
Wat is Skisofrenie?
AFRIKAANS:
Skisofrenie word in die volksmond as ‘n “gesplete” persoonlikheid gesien. Daar bestaan egter nie iets soos ‘n geplete persoonlikheid nie. Hier volg ‘n kort uiteensetting van die kern kenmerke van skisofrenie.
Skisofrenie sorteer onder psigotiese versteurings. Die hoofkenmerke van psigose is delusies (‘n valse idee wat gegrond is op foutiewe persepsies van die werklikheid byvoorbeeld dat iemand jou vervolg of wil benadeel of dat jou gedagtes uitgesaai word of dat jou gedagtes deur iemand anders in jou “geplant” is. Vervolgings waan of paranoiede gedrag is die mees algemene by skitsofrenie) en halusinasies (‘n sensoriese persepsie sonder eksterne stimulasie, bv. Hoor van stemme sonder dat dit daar is). ‘n Verdere kenmerk van psigose is dat die persoon nie meer in kontak met realiteit is nie en sy toestand ‘n beduidende impak op sy algemene funksionering het.
Die tipiese kenmerke van skisofrenie sluit ‘n verskeidenheid kognitiewe(denkprosesse) en emosionele disfunksies in byvoorbeeld: Persepsie,taal en kommunikasie, gedrag, denke, spraak en aandag.
Taal disorganisasie word as “woordslaai” beskryf. Dit wat die persoon sê is haas onverstaanbaar en net ‘n samevoeging van woorde sonder logiese betekenis van die sin. Gedrag kan wissel van kinderlike gedrag tot by onvoorspelbare agitasie. So ‘n persoon kan ook sukkel met alledaagse take soos die beplanning van etes en persoonlike higiëne. Katatone gedrag (afsluiting vanaf die wêreld soms tot so ’n mate dat hulle ‘n rigiede postuur aanneem en weier om te beweeg) kan voorkom.
Skisofrenie ontwikkel meesal vanaf die laat tienerjare tot die middeldertigs en kom selde by kinders voor. Die voorkoms daarvan word bereken op tussen 0.2% en 2.0% van die bevolking. Die siekte is geneig om kronies te wees en remissie daarvan kom nie algemeen voor nie. In die ontwikkeling daarvan speel genetiese faktore asook omgewingsfaktore ‘n rol.Die diagnose van skisofrenie moet aan ‘n professionele persoon in die veld oorgelaat word aangesien daar baie faktore in ag geneem moet word in die proses.
ENGLISH:
The general public has the misconception that schizophrenia is a split personality. Herewith a brief description of what it really is.
Schizophrenia resort under psychotic disorders. Delusions and hallucinations are the main features of psychosis. Delusions are erroneous beliefs that usually involve a misinterpretation of perceptions and experiences. Persecutory delusions are most common; the person believes he or she is being tormented, followed, tricked, spied on or subjected to ridicule. Hallucinations is a sensory perception without external stimulation. Auditory hallucinations are the most common and are usually experienced as voices, whether familiar or unfamiliar, are perceived as distinct from the persons own thoughts. Another essential feature of psychosis is that the person is not in contact with reality and that his condition has a significant impact on his general functioning.
The typical features of schizophrenia includes a variety of dysfunctions on a cognitive, emotional and behavioural level, for example perception, language and communication, behaviour, thought, speech and attention.
Language disorganisation can be described as “word salad”. Speech may be so severely disorganised that it is nearly incomprehensible. Behaviour can range from childlike to unpredictable agitation. Such a person can also have difficulties with daily tasks such as planning of meals en personal hygiene. Catatonic behaviour can be present which include a marked decrease in reactivity to the environment and maintaining a rigid posture and resisting efforts to be moved.
Schizophrenia develops mostly from the late teens up to the middle thirties, and is seldom present in children. The prevalence is estimated to between 0.2% and 2.0% of the population. The illness tend to be chronic in its course and remission is not common in this disorder. Genetic factors as well as environmental factors plays a role in the development of the disorder.Because of the complexity of the disorder, diagnosis should be left in the hands of a professional in the field of mental health.
Wat is jou opinie van die “human mind”?
Dit is ons grootste vriend. Jy moet net emosioneel en in beheer wees. Wees jou eie beste vriend.
Wat sou jy graag wil hê die mense van Secunda van jou moet weet?
Almal moet weet dat julle welkom is.
Enige inspirerende woorde vir die gemeenskap?
Onvoorwaadelike liefde sny pyn, oorlog, eie belang en selfsug uit. Die lewe is wel kompleks maar dit is nie moeilik nie…
Click here to view Dawid Redelinghuys’s page where he will regularly give you tips to improve your life and feel free to contact him via the contact form on his page: http:\\www.secunda.co.za/pages/dawidr
Got something to say?